’n Vrou is in hegtenis geneem omdat sy glo bewus was dat haar predikantman glo twee 14-jariges mishandel het.
Die man is dominee Adriaan Swart (48), jarelange predikant van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) by Sanddrift, ‘n klein boeregemeenskap naby Brits, Noordwes.
Sy vrou, medebeskuldigde Lizette Swart (51), het vandeesweek in haar pos aangebly as skoolhoof van Laerskool Sanddrift, die plaasskool wat langs die kerk geleë is.
Die twee minderjariges is leerlinge by die skool.
Swart het glo geweet waarmee haar man besig was, maar het dit nie aangemeld nie.
Die hof het verlede maand getuienis aangehoor dat die eerste klaer haar minstens drie keer in twee jaar vertel het dat haar man hom mishandel. Hy en die tweede seun het Adriaan ontmoet terwyl sy hul onderwyseres was.
Adriaan het tans agt klagtes teen hom, onder andere dat hy die seuns betas het en hul gevra om dieselfde aan hom te doen. Hy het ook glo volgens Sunday Times die seuns vir pornografie gebruik, hul probeer vekrag en hul kaal in die badkamer afgeneem.
Adriaan is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem en borgtog van R2 000 toegestaan.





