Vroue naby laerskool doodgeskiet en leerling beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Twee vroue is Donderdagmiddag omstreeks 15:00 buite die skoolperseel van Laerskool Portlands in Mitchells Plain, nadat die skool reeds verdaag het, doodgeskiet. ‘n Leerling (12), ‘n onskuldige omstander, is tydens die voorval beseer. ‘n Man (32) is in hegtenis geneem en sal in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy aangekla is.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring plaaslike polisiebeamptes het hulle na ‘n klagte van ‘n skietvoorval in Wespoort-rylaan gehaas. Twee vroue, onderskeidelik 26 en 30 jaar oud, is doodgeskiet en ‘n seunsleerling is beseer. ’n Familielid het glo die slagoffers, genader en op hulle geskiet.

Die 26-jarige vrou is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander twee slagoffers na ’n mediese fasiliteit vervoer is. Die 30-jarige vrou is by die hospitaal dood verklaar. Die motief vir die aanval word as huishoudelik beskou.

Mitchell’s Plain-speurders ondersoek tans ‘n saak van moord en poging tot moord.

Nuusflits het die onderwysdepartement vir kommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief