Vroue tydens plaasroof vasgebind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Twee vroue is tydens ’n huisroof by ’n plaas in die Ohrigstad-omgewing oorval en vasgebind, nadat twee gewapende mans die woning binnegedring het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die voorval het op Donderdag 6 Augustus omstreeks 14:10 plaasgevind. Die vroulike klaer was besig met huishoudelike take in die kombuis terwyl die voordeur oop was, toe twee onbekende mans met vermomming oor hul gesigte en gewapen met pistole, die woning binnegegaan het. Hulle het die vrou met vuurwapens gedreig en na haar huishulp gevra. Sy het hulle na die kamer gewys, waarna die huishulp na die sitkamer geroep is. Die twee vroue is na bewering daarna vasgebind en die verdagtes het geld geëis, waarop die klaer gesê het sy het nie geld nie. Haar selfoon, ter waarde van sowat R7 000, is uit gemaak en die woning deursoek. Die vroue is vasgebind op die sitkamerbank agtergelaat, terwyl die verdagtes hulle uit die voete gemaak het.

Lede van die Farm Watch het kort daarna by die woning opgedaag en die twee vroue gehelp. Die polisie is ook ontbied.

’n Saak van huisroof is by Ohrigstad-polisiekantoor geopen. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie en die verdagtes word steeds deur die polisie gesoek. Ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief