Vroulike bokser onttrek van geveg teen vrou wat voorheen geslagsgeskiktheidstoets dop

Lees ook :

Vroulike bokser onttrek van geveg teen vrou wat voorheen geslagsgeskiktheidstoets dop
Vroulike bokser onttrek van geveg teen vrou wat voorheen geslagsgeskiktheidstoets dop fotokrediet: Canva

Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeer

PARYS, FRANKRYK. – ‘n Italiaanse bokser moes onttrek van ‘n geveg teen ‘n vrou wat voorheen ‘n geslagstoets gedop het.

Angela Carini het haar geveg teen die Algeryn Imane Khelif na 46 sekondes gestop. Carini het op haar knieë geval tydens die geveg en gesê: “Die is nie regverdig nie”. Sy het van die geveg onttrek na sy twee keer in die gesig geslaan is. Een van die houe het haar gedwing om haar hoofbedekking reg te trek.

Khelif en nog ‘n bokser, Lin Yu-ting van Taiwan, was voorheen verbied van Olimpiese deelname na DNS-toetse bewys het hulle het XY-kromosome.

Hulle is deur die Internasionale Olimpiese Komitee toegelaat om deel te neem omdat hulle “vrouens is volgens hulle paspoorte” en die komitee se toetse geslaag het.

Bronne: Briefly, Newsweek, Seattle Times

Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief