Vrystaatse polisiebeamptes in hof oor ‘verkragting’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Twee polisiebeamptes, albei 25 jaar oud en ondeskeidelik by Bloemspruit- en Heuningspruit-polisiekantore gestasioneer, het Donderdag op aanklagte van verkragting en sameswering om verkragting te pleeg in die Kroonstad-landdroshof voorgekom.

Phaladi Shuping, woordvoerder vir Opod, sê in ‘n verklaring die twee beskuldigdes is vir oortredings wat glo op 8 Junie by ‘n gastehuis in Kroonstad plaasgevind het, in hegtenis geneem. Die twee beamptes het glo die Night School Club besoek, waar hulle twee vroue van 21 jaar oud ontmoet het. Die groep is later saam na die gastehuis. Een van die beamptes het glo een van die vroue verkrag, waarna ’n saak geopen is.

Een beampte is voorlopig vrygelaat hangende verdere ondersoek. Die saak teen die tweede beskuldigde is vir formele borgtogaansoek tot 19 Junie uitgestel en hy bly in aanhouding.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief