VSA. – DIE Amerikaanse president Donald Trump het bevestig dat die VSA “grootskaalse gevegsoperasies” in Iran van stapel gestuur het.
Dit volg nadat die Israeliese minister van verdediging, Israel Katz, gesê het sy land het ’n “voorkomende” aanval op Iran geloods.
Die BBC het beelde ontvang van rook wat in Teheran opstyg, terwyl Iranse staatsmedia verdere ontploffings in die ooste en noorde van die land se hoofstad aangemeld het.
Katz het ook ’n noodtoestand in Israel afgekondig in afwagting op vergeldingsaanvalle.
Bronne: BBC News, Sky News





