Brekende Nuus
Afrikaans

VSA gaan op 1 Augustus 30%-tarief op SA-goedere instel

VSA gaan 1 Augustus 30% tarief op SA-goedere instel

fotokrediet: Canva
VSA gaan 1 Augustus 30% tarief op SA-goedere instel fotokrediet: Canva

Die Amerikaanse president Donald Trump het in ’n brief aan president Cyril Ramaphosa bevestig ’n 30%-handelstarief sal vanaf 1 Augustus op alle Suid-Afrikaanse goedere ingestel word.

Lees ook: Donald Trump dreig met nog meer tariewe oor Brics

Trump het in die brief, wat in sy Truth Social– en X-platforms gepubliseer is, gesê daar sal geen tariewe wees “as Suid-Afrika of maatskappye in jou land besluit om produkte in die VSA te vervaardig nie en ons sal alles doen om sodra moontlik goedkeuring te kry”.

Volgens die Trump-administrasie is die tarief ingestel omdat Suid-Afrika meer aan die VSA verkoop as wat dit koop, wat ‘n handelstekort tot gevolg het.

Ramaphosa het gesê hy het die brief gesien en dat Suid-Afrika sal aanhou met diplomatieke pogings om ’n beter handelsverhouding met die VSA te bereik. Hy het bygevoeg dat die 30%-tarief onredelik is en nie ‘n akkurate voorstelling van die handelsdata nie.

Bronne: eNCA, EWN, Algoa FM

Lees ook: Donald Trump dreig met nog meer tariewe oor Brics