VSA- huisoorsigkomitee dagvaar vir Jeffrey Epstein se ‘verjaardagboek’

Lees ook :

VSA huisoorsigkomitee dagvaar vir Jeffrey Epstein se ‘verjaarsdagboek’ fotokrediet: X

VSA. – Die komitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers wat Jeffrey Epstein se misdrywe ondersoek, het die eksekuteurs van sy boedel gedagvaar vir verskeie dokumente, insluitend ’n boek wat persoonlike boodskappe vir sy verjaardag bevat.

Lees ook: Ghislaine Maxwell se onderhoud met Todd Blanche vrygestel

Die dagvaarding volg nadat die Wall Street Journal verlede maand berig het Ghislaine Maxwell het vir Epstein in 2003 ’n “verjaardagboek” geskep met briewe van sy vriende, insluitend een van Donald Trump.

Trump het ontken dat hy ooit ’n brief vir Epstein geskryf het en het die maatskappy wat Wall Street Journal besit en die eienaar van die maatskappy, Rupert Murdoch, gedagvaar.

James Comer, die voorsitter van die huisoorsigkomitee, het in die dagvaarding gevra die eksekuteurs van Epstein se boedel moet “alle briewe in die boek wat deur Maxwell byeengebring is” oorhandig.” Die komitee het ook gevra vir Epstein se testament, “enige dokument wat ’n lys van kliënte betrokke by seks, seksdade of sekshandel kan wees” en al Epstein se “non-disclosure”-dokumente.

Die eksekuteurs het tot 8 September om die dokumente en boek te oorhandig. Hulle het gesê hulle sal alle dokumente aan die huisoorsigkomitee oorhandig.

Bronne: BBC, USA Today, ABC News

Lees ook: Ghislaine Maxwell se onderhoud met Todd Blanche vrygestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief