VSA-otters geniet ongewone sneeuval by akwarium

Lees ook :

Foto ter illustrasie

BALTIMORE. – Die twee otters by die nasionale akwarium in Baltimore het hulle vandeesweek gate uit geniet te danke aan die ongewone sneeuval wat Amerika hierdie winter beleef.

Volgens AP News het veiligheidskameras die pret vasgevang van die otters wat in die sneeu rol, gly en rondhardloop. Terwyl ‘n nor’easter groot dele van die noordooste van die VSA getref en ontwrigting veroorsaak het, het die otters hulle sneeubedekte dek terdeë geniet.

“Marylanders was dalk bekommerd oor die sneeu, maar die otters wat ons Harbor Wetland-uitstalling besoek, was beslis nie!” het ‘n akwariumbeampte in ’n Facebook-plasing geskryf.

Otters kom algemeen voor in Maryland se riviere, vleilande en getygebiede.

Bronne: AP News, ABC News, Instagram @nationalaquarium, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief