VSA-sakeman sal betaal vir Siya Kolisi se terugkeer na Sharks

Lees ook :

Amerikaanse sakeman bied aan om te betaal vir Siya Kolisi se terugkeer na Sharks
Amerikaanse sakeman bied aan om te betaal vir Siya Kolisi se terugkeer na Sharks fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Siya Kolisi se terugkeer na SA moontlik in gevaar oor eis van Racing 92

‘n Amerikaanse sakeman wat in Suid-Afrika gebore is, Vincent Mai, het aangebied om te betaal vir Siya Kolisi om na die Sharks-rugbyspan te kan terugkeer.

Samesprekings oor Kolisi se terugkeer na die Sharks het ‘n dooiepunt bereik toe die eienaar van die Racing 92-klub R17 m. op een slag van die Sharks geëis het om hom uit sy kontrak te koop. Die Sharks het geweier om dit op een slag te betaal en wou dit oor ‘n paar jaar betaal.

Mai, ‘n lid van die konsortium wat die Sharks besit en ‘n “Old Boy of Grey High School”, was verantwoordelik vir die beurs wat Kolisi die geleentheid gegee het om skool toe te gaan.

Volgens Rugby Pass het hy gesê hy sal betaal vir Kolisi se terugkeer na die Sharks.

Bronne: IOL, Rugby Pass, SA Rugby Magazine

Lees ook: Siya Kolisi se terugkeer na SA moontlik in gevaar oor eis van Racing 92

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief