Lees ook: ‘Ons wou hom eintlik nie terughê nie’ spot Rassie Erasmus oor Siya Kolisi
FRANKRYK. – Siya Kolisi se terugkeer na Suid-Afrika is moontlik in gevaar na samesprekings tussen die Sharks en Racing 92 ‘n dooiepunt bereik het.
Kolisi het ‘n drie jaar kontrak met Racing 92 geteken waarvoor hulle baie geld moes betaal. As Kolisi wil teruggaan Sharks toe, moet Racing 92 ongeveer R17 m. vergoed word. Die eienaar van Racing 92 het glo geëis die geld moet dadelik betaal word, voor Kolisi van sy kontraktuele verpligtinge kwytgeskeld kan word, maar die Sharks het na bewering gevra om dit oor die volgende twee of drie seisoene te vereffen.
Die Sharks-afrigter, JP Pietersen, het gesê hy was nie ingelig dat Kolisi dalk gaan terugkeer na die Sharks toe nie.
Bronne: Planet Rugby, IOL, SA Rugby Magazine
Lees ook: ‘Ons wou hom eintlik nie terughê nie’ spot Rassie Erasmus oor Siya Kolisi





