Lees ook: Hoethi-rebelle sê aanvalle het so ver vyf mense se dood veroorsaak
ROOI SEE. – Die VSA-weermag het gesê Hoethi-rebelle het gistermiddag ’n vuurpyl op een van hulle oorlogskepe afgevuur.
’n VSA-vegvliegtuig het die vuurpyl wat op die USS Laboon in die Rooi See afgevuur is, buite aksie gestel voor dit kon skade veroorsaak. Geen beserings is in die voorval aangemeld nie.
Die aanval volg na die VK en VSA die Hoethi-rebelle Vrydag in Jemen aangeval het. Hulle het reageer op aanvalle op hulle skepe.
Die VK en VSA het Vrydag bykans 30 teikens aangeval terwyl die VSA Saterdag nog ’n aanval op ’n Hoethi-teiken geloods het.
Hoethi-ondersteuners het gesê vegters sal die VK- en VSA-oorlogskepe teiken as aanvalle op hulle in Jemen voortduur.
Bronne: New York Post, BBC, The Guardian
Lees ook: Hoethi-rebelle sê aanvalle het so ver vyf mense se dood veroorsaak




