VSA stuur verteenwoordiger na G20 vir oorhandiging van G20-presidentskap

Lees ook :

VSA stuur verteenwoordiger na G20 vir oorhandiging van G20-presidentskap fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het gister ontken dat die VSA die boikot van die G20-beraad hierdie naweek beëindig en het gesê geen Amerikaanse beampte gaan aan die samesprekings deelneem nie.

Lees ook: Cyril Ramaphosa verklaar geslagsgeweld en vrouemoord ‘n nasionale krisis

Volgens die Withuis sal die Amerikaanse verteenwoordiger slegs die beraad bywoon vir die seremoniële oorhandigingseremonie van die G20-presidentskap aan die VSA wat volgende jaar die gasheer van die beraad  gaan wees.

Die Withuis se stelling volg nadat president Cyril Ramaphosa gister beweer het die VSA het ‘n “verandering van plan gehad om deel te neem aan die beraad op een of ander manier” en dat dit ‘n “positiewe teken is”.

Die Withuis se perssekretares, Karoline Leavitt, het aan die media gesê: “Die VSA gaan nie deelneem aan amptelike samesprekings by die G20 in Suid-Afrika nie. Ek het gesien die Suid-Afrikaanse president praat vroeër vandag bietjie teen die VSA en daardie taal word nie waardeer deur die president of sy span nie”.

Bronne: IOL, Polity, EWN

Lees ook: Cyril Ramaphosa verklaar geslagsgeweld en vrouemoord ‘n nasionale krisis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief