VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Lees ook :

VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig enige buitelanders wat die moord op Charlie Kirk vier, sal gedeporteer word.

Lees ook: Charlie Kirk-moordverdagte ‘werk nie saam met owerhede’ sê goewerneur

Rubio het gister gesê visums van buitelanders wat die moord op Kirk gevier het, word gekanselleer.

Hy het gesê die VSA sal nie sulke mense toelaat om in die land te bly nie. Rubio het aan Fox News gesê: “Ons moenie visums gee aan mense wat na die VSA gaan kom en dinge doen soos die moord op ‘n politieke figuur vier nie. En as hulle klaar hier is, moet ons hulle visums kanselleer”.

Hy het gesê: “Amerika gaan nie buitelanders aanvaar wat die dood van ons burgers vier nie. VIsums word gekanselleer. As jy hier is op ‘n visum en jy juig vir die openbare sluipmoord op ‘n politieke figuur, maak gereed om gedeporteer te word. Jy is nie welkom in hierdie land nie”.

Bronne: SABC, The Economic Times, Newsweek

Lees ook: Charlie Kirk-moordverdagte ‘werk nie saam met owerhede’ sê goewerneur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief