Brekende Nuus
Afrikaans

VSA wil veg teen SA se volksmoordsaak teen Israel

Die Biden-administrasie het gesê daar is geen volksmoord in Israel nie, maar hulle moet wel meer doen om onskuldige burgers te beskerm en hulp in Gaza toelaat.

VSA wil veg teen SA se volksmoordsaak teen Israel

fotokrediet: Canva
VSA wil veg teen SA se volksmoordsaak teen Israel fotokrediet: Canva

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 25 000 verby

VSA. – Altesaam 210 Amerikaanse wetgewers wil hê hulle regering moet Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel teenstaan.

Hulle het gesê Suid-Afrika maak “lasterlike”, ongegronde beskuldigings teenoor Israel terwyl hulle nie erken Hamas het op 7 Oktober onskuldige burgers vermoor, verkrag en ontvoer nie.

Die Biden-administrasie het gesê daar is geen volksmoord in Israel nie, maar hulle moet wel meer doen om onskuldige burgers te beskerm en hulp in Gaza toelaat.

Amerika sal waarskynlik by die saak betrokke raak na Vrydag se verwagte beslissing.

Bronne: Polity.org, Daily Maverick, The Times of Israel

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 25 000 verby