Vulstasies in die knyp, dalk eersdaags snags gesluit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Vulstasies regoor die land, veral dié in landelike gebiede, oorweeg dit om snags te sluit, personeel af te dank, of selfs permanent toe te maak. Dit as gevolg van die voortslepende brandstofkrisis wat motoriste én handelaars harder as ooit tref.

Dit is die ernstige waarskuwing van Henry van der Merwe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Petroleum Retailers Association (Sapra). Brandstofprysskokke dwing petrolstasies om werksposte te sny, snags handelsure te verminder, of selfs heeltemal toe te maak en Van der Merwe sê die situasie versleg boonop vinnig.

Vergoeding is die kernprobleem vir talle handelaars. Hulle is gebonde aan streng winsgrenste, ongeag die brandstofprys. As hulle dus minder brandstof verkoop, kan die verskil van vergoeding nie goedgemaak word nie. Met die huidige pryse ry motoriste minder omdat brandstof minder bekostigbaar is. Dit tref vulstasies direk in minder inkomste, sonder enige manier om die verlies te vergoed.

Die regering het wel in April ‘n verlaging van R3 per liter in die algemene brandstofheffing ingestel, wat later na Mei verleng is, met diesel wat selfs ‘n vermindering van R3,93 per liter ontvang het. Hierdie maatstaf eindig egter in Junie, wanneer die helfte van die heffing teruggesit word en die res in Julie. Die nasionale tesourie skat dat dit tussen April en Junie R17,2 miljard in brandstofbelasting sal verloor as gevolg van hierdie verligtingsmaatstaf. Van der Merwe het gewaarsku dat motoriste hierdie herinstelling moet inreken: “Die petrolprys gaan nie daal nie. Dit kan met R1,40 styg in plaas van ‘n verlaging van 8 of 10 sent per liter.”

Dis nie die prys alleenlik wat ‘n rol speel nie, maar ook die afname in brandstofaanvraag, stygende bedryfskoste en sterk mededinging, wat baie operateurs dwing om al meer op geriefskleinhandel staat te maak om winsgewendheid te handhaaf. Vennootskappe met kleinhandelaars soos Woolworths by Engen en Pick n Pay by BP-stasies word al hoe meer die norm, maar vir kleiner en landelike stasies sonder dié hulpbronne bly die toekoms onseker.

Bronne: Top Auto, BussinessTech en Daily Investor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief