Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Vyf beweerde dwelmringkoppe (kingpins) is op Qwaqwa en Harrismith in hegtenis geneem. ’n Ongelisensieerde vuurwapen wat as gesteel aangemeld is ook op Harrismith gekry.
Die polisie het gister inligting ontvang oor ’n vrou wat dwelms in en naby Qwaqwa verkoop. ’n Span ondersoekers het die vrou (25) in hegtenis geneem en 80 pakkies nyaope in plastiek gekry, asook die gesteelde vuurwapen met 12 rondtes ammunisie.
Die span het verdere inligting ontvang wat hulle na Harrismith gelei het, waar vier beweerde kingpins in hegtenis geneem is met 326 pakkies nyope in plastiek toegedraai in hulle besit.
Die vier verdagtes sal môre in die Harrismith-landdroshof op aanklagtes van dwelmhandel verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Cosatu-betoging vir Donderdag sal deur Durban-CBD beweeg





