Die vyftien verdagtes wat Donderdag vir beweerde onwettige mynbedrywighede in Mecklenburg in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Praktiseer-landdroshof verskyn.
Volgens die polisie is die verdagtes in Mecklenburg by ‘n private sekuriteitsmaatskappy by die Clapham-myn in hegtenis geneem.
Die agt mans en sewe vroues is glo op heterdaad betrap toe hulle chroom ondergronds uitgegrawe het.





