Die Stad Tshwane het gedeeltes van die Snake Valley-pad as besliste veiligheidsmaatreël gesluit as gevolg van ‘n sinkgat.
Die stad wil hê motoriste rondom die gebied van Valhalla in Centurion moet deeglik kennis neem dat die Snake Valley-pad (M24) tussen Ou Johannesburg (R101) en Fjordweg ten alle koste vermy moet word.
Groot krake het verlede Donderdag op die oppervlak van die pad verskyn.
“Aanvanklik was slegs een baan van die pad geraak, maar dit het later oor die pad gestrek om al vier bane te raak.”
“Op 28 en 29 Oktober 2022 is waargeneem dat die geaffekteerde area in grootte en diepte toeneem en is dit as ‘n sinkgat geklassifiseer.”
Die area strek volgens die verklaring van die binnekant van die militêre eiendom by die betrokke gedeelte, oor die pad en tot by die rand aan die suidekant.
“Dit moet beklemtoon word dat die pad onveilig is vir beide motoriste en voetgangers.”
Daar word gevra dat alle lede van die publiek wat in en om die omgewing is versigtig sal wees in die gebied en eerder reise en roetes met alternatiewe paaie moet beplan.
“Die stad is tans besig met ondersoeke om die omvang van die sinkgat te bepaal ten einde vir die padrehabilitasie voor te berei.”
Bron: Verklaring Stad Tshwane
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.