Wat sou jy doen? Man grawe swembad en word skatryk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

INTERNASIONAAL. – ’n Man In Neuville‑sur‑Saône, naby Lyon, Frankryk, het ‘n gat vir ‘n swembad in sy tuin begin grawe en op ’n versameling goue stawe en munte ter waarde van sowat R14 miljoen (ongeveer €700 000 of US $800 000) ontdek. Die vonds is volgens mediabronne Donderdag deur plaaslike owerhede bevestig.

Die ontdekking van vyf goue stawe en verskeie munte, almal in plastieksakke verpak. is reeds in Mei 2025 gemaak. Dis aan die owerhede, insluitend die streeksdirekteur vir kulturele sake, verklaar. Owerhede het bepaal dat die goud nie van argeologiese betekenis is nie en blykbaar 15 tot 20 jaar gelede by ’n smeltery naby Lyon gesmelt is. Omdat daar geen eisers vorendag gekom het nie en die vorige eienaar van die eiendom oorlede is, is die huidige eienaar volgens Franse wet toegelaat om die skat te hou.

Die oorsprong van die goud bly onbekend en ondersoeke duur voort.

Bronne: France24 AFP, The Connexion, The Independent en The Brussels Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief