Wayne Barnes hoop iets kan gedoen word aan dreigemente op sosiale media

Lees ook :

Lees ook: Wayne Barnes, WBR-skeidsregter, tree uit

Die pas uitgetrede skeidsregter Wayne Barnes het onlangs gesê hy hoop owerhede kan maniere vind om mense wat skeidsregters op sosiale media dreig tot verantwoording te roep.

Barnes, wat die skeidsregter by die finale Wêreldbeker-rugbywedstryd was, het glo doodsdreigemente ontvang van woedende All Black-aanhangers na hulle teen die Springbokke verloor het.

Barnes het kort na die laaste wedstryd sy uittrede as skeidsregter aangekondig. Hy het gesê mense het nie net vir hom op sosiale media gedreig nie, maar ook sy vrou en kinders.

Hy het gesê hy wil hê owerhede moet persone wat sulke dreigemente maak, kan vervolg, want dit raak al hoe erger. Barnes het gesê die dreigemente oor seksuele geweld en die feit dat mense weet waar hulle bly, het “‘n lyn oorgesteek”.

Bronne: Planet Rugby, BBC, The Guardian

Lees ook: Wayne Barnes, WBR-skeidsregter, tree uit

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App