Weduwee eis ná MRI-masjien man intrek en hy later sterf

Lees ook :

Foto's: Crime Talk en ter illustrasie

VSA. – Adrienne Jones-McAllister, die weduwee van Keith McAllister (61) wat verlede jaar dood is nadat hy deur die kragtige magneet van ‘n MRI-masjien ingetrek is omdat hy ‘n swaar metaalketting gedra het, het onlangs ‘n siviele eis teen die kliniek ingestel.

Die weduwee beweer die tragedie kon voorkom gewees het indien behoorlike veiligheidsprosedures gevolg is. Haar man is gedurende Julie 2025 by die Nassau Open MRI-kliniek in Westbury, Long Island, dood nadat hy op versoek van ‘n MRI-tegnikus die ondersoekkamer binnegegaan het om sy vrou te help nadat haar skandering voltooi was.

Volgens die hofstukke beweer sy weduwee die tegnikus was bewus daarvan dat McAllister ‘n swaar metaalketting om sy nek gedra het, maar het hom nie gevra om dit te verwyder voordat hy die MRI-kamer binnegegaan het nie. Die MRI-masjien se uiters sterk magnetiese veld het die ketting aangetrek en McAllister met geweld teen die toestel ingetrek. Hy het ernstige beserings opgedoen en is later in die hospitaal dood.

Adrienne Jones-McAllister eis skadevergoeding en voer aan dat die kliniek versuim het om behoorlike veiligheidsmaatreëls toe te pas. Die kliniek het nog nie in die openbaar op die bewerings gereageer nie.

Bronne: People Magazine, Associated Press (AP), News 12 Long Island, The Guardian, NBC New York

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief