Weermag waarsku teen onwettige gebruik van kamoefleerdrag

Lees ook :

Foto: SANW

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het sy kommer uitgespreek oor die voortdurende onwettige gebruik van die geregistreerde kamoefleerdrag deur gewone burgers.

Prince Tshabalala, SANW-woordvoerder, sê in ‘n verklaring ’n video van misdadige aktiwiteite word op sosiale media versprei waarin persone in SANW-kamoefleerdrag geklee is. Hy het bevestig dat dié individue nie gemagtig is om die kamoefleeruniform te dra of die SANW op enige manier te verteenwoordig nie.

Die SANW het beklemtoon dat die kamoefleerdrag ’n geregistreerde item is wat slegs deur gemagtigde lede van die weermag, of deur erelede wat deur die hoof van die SANW aangestel is, gedra mag word. ‘n Beroep word op die publiek gedoen, insluitend vervaardigers en handelaars, om op te hou om die kamoefleerdrag vir persoonlike gewin of onwettige doeleindes te verkoop, te gebruik of te herverkoop. Tshabalala waarsku dat oortreders wat betrap word, vervolg sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief