Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n oranje vlak 5-waarskuwing vir erge reën vir KwaZulu-Natal vir vandag en môre uitgereik. Oorstromings sal moontlik plaasvind en lewens kan in gevaar gestel wees.
Lees ook: Storms voorspel tot Donderdag
’n Geel vlak 2-waarskuwing is ook vir KZN uitgereik vir erge reën en donderstorms vir vandag en môre.
Nog ’n oranje vlak 5-waarskuwing is vir die Noord-Wes en Vrystaat vir vandag oor erge reën uitgereik. Die sentrale dele van die land word deur ’n geel vlak 2-kennisgewing oor swaar reën gewaarsku.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën en storms voorspel oor die grootste deel van die land tot môre.
Bronne: Saws
Lees ook: Storms voorspel tot Donderdag





