Weldoener herstel 2 polisievoertuie – vra hulp om meer te herstel

Lees ook :

Foto's: Steven D. Birch

WES-KAAP. – Steven D. Birch, van die Birch Organisasie, op Facebook as ‘n eiendomsontwikkelaar, wêreldbekende menseregte-aktivis, uitvinder en sakeman bestempel, het die eerste twee van ‘n geskatte 964 gebreekte polisievervoertuie in die Wes-Kaap herstel en weer op die pad teruggesit. Hy stel voor dat hande gevat moet word om meer voertuie te herstel en sodoende die veiligheid in die gemeenskap te verbeter.

Birch het op 8 Februarie op Facebook geskryf sommige polisiekantore het slegs een voertuig vir duisende inwoners. Hy het ook genoem daar is tans 80 vakante posisies vir meganiese dienste in die polisie, wat die herstel van voertuie vertraag. Die fokus van sy organisasie is om praktiese oplossings te bring en die polisie se mobiliteit te versterk.

Die voertuie in die foto’s kan as Gansbaai-polisievoertuie en ‘n Gansbaai-motorwassery uitgeken word.

Die polisie in die Wes-Kaap het gereageer op sosialemediaplasings waarin beweer word dat 964 polisievoertuie in die provinsie buite werking is en dat daar 80 vakante werktuigkundige poste bestaan. Kol. Andrè Traut, provinsiale woordvoerder, sê aan Nuusflits alhoewel sekere voertuie tans in motorhawens is vir geskeduleerde dienste, ongelukskade of meganiese herstelwerk, vorm dit deel van normale vlootbestuur en dui dit nie op ’n krisis nie. Volgens hom handhaaf die Wes-Kaap tans ’n 79%-operasionele beskikbaarheid van voertuie, wat beteken die meerderheid van die vloot is steeds aktief ontplooi ter ondersteuning van polisiëring.

Hy bevestig dat daar wel vakatures vir ambags- en werktuigkundige poste bestaan, maar dat hierdie poste deur gevestigde werwingsprosesse gevul word om werkswinkels funksioneel te hou. Traut voeg by dat 274 nuwe voertuie gedurende die 2024/2025-boekjaar uitsluitlik vir operasionele gebruik in die provinsie in gebruik geneem is om kapasiteit verder te versterk. Die polisie in dié provinsie sê hy bly operasioneel gereed en verbind tot effektiewe dienslewering.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief