Wêreld-vigsdag | Van bestuurslisensies tot medikasie: Jy kan nou jou MIV-medikasie by die Poskantoor afhaal

Lees ook :

Foto-krediet: News 24

Mense wat met die MIV-virus leef en hul medikasie by regeringsklinieke afhaal, het die opsie om hul medikasie by ’n Poskantoor-afhaalpunt af te haal.

Dit volg nadat die Poskantoor laasweek aangekondig het dat jy aanlyn jou bestuurslisensieskyfie deur die poskantoor se nuwe aanlyn portaal kan hernu.

Vigs staan vir verworwe immuniteitsgebreksindroom. Dis die laaste fase van die MIV-infeksie.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het op Wêreld-vigsdag op 1 Desember gesê enigiemand wat chroniese medikasie by ’n staatskliniek afhaal, maar wat nader aan ’n poskantoor as die kliniek woon, kan versoek om hul medikasie by die poskantoor af te  haal.

“Die diens is gemik op pasiënte wat nader aan ’n poskantoor as ’n staatskliniek woon of werk. Die grootste voordeel van die diens is langer diensure,” het Sapo gesê.

Persone wat medikasie by ’n gerieflike poskantoor wil afhaal, moet reëlings met die kliniek tref.

Die Poskantoortakke is oop tot 17:00 op weeksdae en tot 12:00 op Saterdae.

“Die invorderingsdiens is beskikbaar by 342 poskantore in alle provinsies behalwe die Wes-Kaap. Hierdie poskantore is gekies omdat hulle aan die vereistes van die Departement van Gesondheid voldoen. Medikasie wat gespesialiseerde berging benodig, soos koelberging, kan nie by ’n poskantoor afgehaal word nie,” het Sapo gesê.

Die Departement van Gesondheid stuur vir die pasiënt ’n SMS wanneer die medikasie gereed is vir afhaal en pasiënte het 14 dae om dit af te haal voordat die medikasie aan die departement terugbesorg word.

Na raming leef 8,2 miljoen Suid-Afrikaners met MIV. Sedert 1984, toe die MIV-virus geïdentifiseer is, het meer as 35 miljoen mense hul lewens daaraan verloor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief