Wêreldraad van Kerke in SA: ‘Ons doen nie God se werk op ’n eiland nie’

Lees ook :

Gasvryheid was aan die orde van die dag tydens WRK-lede se besoeke aan plaaslike NG Kerke op Sondag 22 Junie 2025, skryf Hendrien van Vliet vir Kerkbode.

Dit is partykeer angswekkend wanneer nuwe mense na jou gemeente toe kom, maar selfs nog meer so wanneer hierdie mense vreemdelinge is, nie net van die gemeente of die onmiddellike area nie, maar van die land. Vier plaaslike Oosrand-gemeentes het wel hulle deure oopgemaak vir meer as 20 afgevaardigdes van die die Wêreldraad van Kerke se Sentrale Komitee.

LEES OOK: Die Sondag toe 4 000 God in Soweto (ook) in Afrikaans prys

Ek dink niemand kan die NG Kerk verdink daarvan om mense weg te stuur sonder dat ons eers ’n geselsie aangeknoop het, of die mense darem iets te ete gegee het nie. Dit is so ’n bietjie in ons DNS. My man moes tydens Pinksterweek in Welkom rondry vir werk, en hy het nogal gegrap en gesê hy is 100% seker daar is ’n NG Kerk op die dorp wat elke aand sal sop hê tydens Pinkster. Dit is deel van wie ons is: om saam te eet.

En Sondag was geen uitsondering nie. Gemeentes het uit hulle pad uitgegaan om vreemdelinge te verwelkom. Waar hulle honger was, is hulle gevoed. Waar hulle moeg was, is hulle versterk. Waar hulle gesels het, is horisonne verbreed. By my eie gemeente, waar ek byna nooit in Engels preek of aanbid nie, het baie lidmate heerlike gesprekke aangeknoop en moeite gedoen om seker te maak die gaste bly nie vreemdelinge nie.

LEES OOK | WRK: Deelname is NGK se geleentheid om te getuig, genees en te verbind

NG Kempton-Kruin in Kempton Park het agt afgevaardigdes verwelkom, waar eerw Karin van den Broeke van die Protestantse Kerk in Nederland die diens gelei het. Na die diens het hulle deelgeneem aan die gemeente se “Doen Goed”-uitreik na ’n plaaslike ouetehuis waar komberse en wintersokkies uitgedeel is en lekker hamburgers saam geëet is. NG Kempton-Hoogland, ook in Kempton Park, het drie gaste verwelkom en het na die erediens biblioteekrakkies geverf en lekker gebraai met pap en sous onder die winterson (die gaste het baie koud gekry!). Jubilaté-gemeente in Boksburg het vier gaste verwelkom waar ds Nicole Ashwood van Jamaika en die Kaaimaneilande gepreek het en die gemeente die afgevaardigdes geseën het met die Afrikaanse weergawe van “Die Seën”-lied. Later is hulle bederf met braaivleis, braaibroodjies en melktert! NG Impalapark het sewe gaste verwelkom en geluister na eerw Brian Muyungu van die Anglikaanse kerk van Uganda, met heerlike tee en verversings later.

LEES DIE VOLLE ARTIKEL GRATIS OP KERKBODE HIER


Vriende van Kerkbode

Geniet jy Kerkbode se (gratis) inhoud en aanslag tot kerknuus?

Beskerm gratis, betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld.

Wil jy meer lig as hitte die wêreld instuur?

Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.

Kliek hier en word vandag ’n vriend van Kerkbode.


Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief