Werknemersalarisse minder – salarisadministrateur oor R10.5 m. ‘bedrog’ in hof

Lees ook :

Foto: Rocket Reach

OOS-KAAP. – Nadat werknemers by Isuzu Motors Suid-Afrika in Struandale opgemerk het hulle salarisse is minder, is ondersoek ingestel. Natasja Slabbert (42), ’n salarisadministrateur, is ná die ondersoek in verband met beweerde bedrog van R10,5 miljoen deur die Valke in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Volgens Valke-woordvoerder, lt.kol. Avele Fumba, het werknemers in Augustus 2024 opgemerk dat hulle minder salaris ontvang as wat op hul betaalstate aangedui is. Rekords is glo vervals om onwettige betalings aan Slabbert self te verberg. In Augustus 2024 is ongeveer R626 500 van die maatskappy se salarisrekening na haar persoonlike rekening oorgedra, met ’n uiteindelike totale verlies van ongeveer R10,5 miljoen vir die maatskappy. Slabbert is Maandag, ná ‘n deeglike ondersoek, in hegtenis geneem.

Slabbert het op dieselfde dag in die New Law-hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak is tot 24 Februarie uitgestel, waarna sy in die Gqeberha-spesialis-handelsmisdaadhof sal voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief