Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag.
Die volgende poste is tans beskikbaar: Aankoper
Die aankoper is verantwoordelik om die produksiemiddele wat vir die funksionering van die onderneming benodig word, te verkry deur vir die onderneming gunstige ruilverhoudings op die aankoopmark tot stand te bring.
Van die suksesvolle applikant sal verwag word:
- Verantwoordelik vir die hele aankoop funksie van Wildeklawer;
- Berei alle RFQ’s, offers voor en stuur aan verskaffers;
- Evalueer en vergelyk van kwotasies en offers;
- Koste en kommersiële evaluering van alle kwotasies en offers;
- Onderhandel vir beter prys of kies/soek alternatiewe verskaffer;
- Opstel van verskafferslys;
- Die ontwerp en toepassing van stelsels en prosedures om aankooptransaksies administratief te ondersteun;
- Versekering van kontrakte tussen maatskappy en verskaffers is in plek en terme en kondisies is bekend;
- Logistieke beplanning vir alle aankope;
- Prioritisering van dringende aankope;
- Gereelde opvolg van uitstaande en onvolledige kwotasies en aflewerings;
- Goeie verhoudings met verskaffers moet opgebou word en nuwe produkte op mark moet op gereelde basis deur gegee word;
- Aandag aan detail op spesifikasies om te verseker dat korrekte aankope gedoen word;
- Rapportering van aankope op maandelikse basis;
- Hulp tot Finansiële Afdeling vir invordering van fakture van leweransiers;
- Effektiewe bestuur van diensbakkie en personeel;
- Stoor se voorraad kontrolleer en beheer volgens maatskappy se prosedure;
- Enige ander take wat deur Bestuur deur gegee word.
Die geskikte kandidaat moet beskik oor:
- Ten minste 6 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos;
- Uiters hoë vlak van etiese & morele standaarde uitleef & toepas;
- Vaardigheid beskik om aan verskeie aktiwiteite aan aandag te gee;
- Analitiese denker;
- Vaardig in Afrikaans en Engels en moet kan goed kommunikeer;
- Vermoë besit om te kan onderhandel;
- Spanspeler;
- Operasioneel kan dink en handel;
- Kennis van Navision sal voordelig wees.
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur volledige CV aan: Wildekawer, Barkly-Wes, e-pos: [email protected]
Navrae: Theresa Lategan – 053 531 9725
Sluitingsdatum: 16 Februarie 2024
Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.





