Werksgeleentheid: Hoof Bedryfsbeampte (COO) – Wildeklawer

Lees ook :

Wildeklawer, Afrika se grootste uie produsent en ‘n voorste verskaffer van aartappels, wortels en beet, brei uit en is op soek na ‘n Hoof Bedryfsbeampte (COO) om by ons dinamiese leierspan aan te sluit.

Met bedrywighede verspreid oor drie produksie-eenhede en ons hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), speel Wildeklawer ‘n sleutelrol in die varsproduktebedryf en gemeenskapsontwikkeling.

As COO sal jy verantwoordelik wees vir die optimale bestuur van die maatskappy se bestuurspan, bates, daaglikse bedrywighede, die implementering van strategiese planne en prestasie.

Primêre verantwoordelikhede:

  • Senior bestuur: Lei ‘n bestuurspan, stel strategieë en doelwitte en hou toesig oor daaglikse operasionele funksies;
  • Verhoudings: Bestuur samewerking met vennote, verskaffers en belanghebbendes;
  • Personeelontwikkeling: Skep ‘n werksomgewing wat eienaarskap en groei aanmoedig;
  • Pakhuis: Toesig oor optimaal effektiewe prosesse en nakoming van voedselveiligheid- en kwaliteitstandaarde;
  • Bemarking: Ontwikkel strategieë om verkope te verhoog en die handelsmerk te versterk, en werk saam met verkoopsafdelings om nuwe markte te verken.
  • Logistiek: Bestuur vervoer, stoor en verspreiding van produkte om tydige en koste-effektiewe aflewering te verseker;
  • Tegniese afdeling: Bied ondersteuning;
  • Verpakkingsmateriaal: Beheer voorraad en koste van verpakkingsmateriaal en verseker kliënt spesifikasies word nagekom;
  • Prestasiemonitering: Ontleed bestuursinligting en stel verbeterings voor;
  • Ander: Verseker geïntegreerde en doeltreffende bedrywighede en nakoming van interne beleide.

Vereistes:

  • Minimum 15 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke bestuurspos;
  • ‘n Bewese bestuursrekord en kennis van finansiële bestuur, strategiese beplanning en risikobestuur;
  • ‘n Toepaslike graad of nagraadse kwalifikasie in een of meer van die volgende velde: Bedryfsingenieurswese, Prosesingenieurswese, ‘n MBA-kwalifikasie sal voordelig wees.
  • Die aangewese kandidaat moet oor ‘n passie vir landbou beskik.

Waarom by Wildeklawer aansluit?

Werk vir een van Afrika se voorste varsproduktemaatskappye. Sluit aan by ‘n kultuur van prestasie, ondersteuning, en viering van oorwinnings. Geleentheid om leiding te neem in die skepping van ‘n wêreldklas besigheid. Mededingende vergoeding, insluitend aansporingskemas.

Hoe om aansoek te doen:
Stuur ‘n gedetailleerde CV, dekbrief en ondersteunende dokumentasie aan:
📧 E-pos: hr@wildeklawer.com
📞 Navrae: Carin van Tonder by 053 531 9704

Sluitingsdatum: 30 Desember, 2024
Effektiewe aanstellingsdatum: 1 Februarie 2025

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief