Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika. Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is ons op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit: Junior Produksiebestuurder
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Die bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies in die verbouing van ‘n gewas
- Neem verantwoordelikheid vir toerusting aan hom verskaf
- Die bestuur van personeel wat insluit toesighouers en operateurs
Die geskikte kandidaat beskik oor:
- Toepaslike ondervinding van sowat 2-3 jaar in ‘n soortgelyke pos
- ‘n Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Landbou (BSC Landbou)
Stuur asseblief u CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com
Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.
Sluitingsdatum: 21 Junie, 2024