Wildeklawer, een van die grootste besproeiingsboerderye in Suid-Afrika, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ’n groen oase met sy hoofkantoor naby Kimberley, met vrugbare hoë-potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier onder spilpuntbesproeiing.
Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag om in te pas by ’n uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef.
Sleutelvereistes:
– Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste
– Toepaslike tersiêre kwalifikasie of senior sertifikaat met ’n rekeningkundige agtergrond
– Rekenaargeletterdheid met uitstekende vaardigheid in Excel en Navision (verpligtend)
– Ten minste graad 12 met rekeningkunde as vak; ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal sterk in u guns tel
– Ten minste 6 jaar toepaslike ondervinding
– Emosioneel volwasse en kan goed onder druk funksioneer
– Goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoë om in ’n administratiewe span saam te werk
Hoofverantwoordelikhede:
– Volle verantwoordelikheid vir akkurate boekstawing en verwerking van afdelings-transaksies
– Aankoopbestellings: vaslegging, verifieer en opvolg
– Aankoopfakture: validasie, prosessering en tydige betaling
– Intergroep-transaksies: korrekte hantering en afstemming
– Hou by sperdatums vir voorlegging van verslae aan betrokke bestuurders
– Deurlopende, akkurate verslaggewing aan bestuur
Vergoeding”
’n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding, gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Hoe om aansoek te doen:
Stuur u CV per e-pos na: [email protected]
Navrae: Theresa Lategan – 053 531 9747
Sluitingsdatum: 24 Oktober 2025
U aansoek sal nie oorweeg word indien u nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.





