Brekende Nuus

Werksgeleentheid: Senior Rekenmeester, Wildeklawer

Is jy ’n ervare Senior Rekenmeester gereed om ’n strategiese leierskapsrol te aanvaar by Suid-Afrika se voorste varsproduktebesigheid? 

Wildeklawer, Afrika se grootste uieprodusent en ’n belangrike verskaffer van aartappels, wortels en beet, is op soek na ’n Senior Rekenmeester om by die uitvoerende span aan te sluit, gebaseer naby Kimberley in die Noord-Kaap.

As ’n baanbreker in presisieboerdery en landbou-innovasie, bedryf Wildeklawer drie wêreldklas-produksie-eenhede. Die fokus strek verder as net varsprodukte — Wildeklawer is diep toegewyd aan plaaslike ontwikkeling deur jeugsport-inisiatiewe en volhoubare gemeenskapsbelegging.

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:

  • Administratiewe- en Rekeningkundige funksies
  • Verwerking van inligting en voorbereiding van verslae met betrekking tot voorraad- en batebestuur
  • Verwerking en bestuur van onderhoudskoste-inligting op bates
  • Voorbereiding van maandelikse bestuursverslae met betrekking tot winssentrums
  • Voorbereiding van rekeningkundige werk met betrekking tot finansiële state en opstel van finansiële state
  • Begrotings opstel
  • Alle ander ad hoc-administratiewe take wat met die posisie verband hou
  • Voltooi en indiening van inkomstebelasting & BTW opgawes
  • Skakeling met Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie – BComm Rek met voltooide klerkskap
  • ’n CA kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien
  • 2 tot 3 jaar relevante ervaring
  • Uitstekende rekenaarvaardighede (Excel) – Moet werklik bo-gemiddeld wees
  • Deeglike administratiewe- en syfervaardighede
  • Ondervinding in BI en analitiese sagteware sal as sterk aanbeveling dien
  • Kennis met die opstel van finansiële state
  • Tweetalig en goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede
  • Kennis van BTW en Inkomstebelasting

Vergoeding:
’n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan: e-pos: [email protected]
Navrae: Carin van Tonder – 053-531 9704
Sluitingsdatum: 7 Junie 2025

  • Dié artikel is ‘n betaalde advertensie.