Verkeer staan stil ná poisieboot in Westminster-brug vasry

Lees ook :

Foto: UK Independant

LONDEN. – Nooddienste is na ’n toneel van ‘n botsing op die Teemsrivier naby die Westminster-brug in die sentrale deel van Londen ontbied.

Die insident, waarby ’n polisievaartuig  betrokke was, het Vrydagmiddag 24 Julie omstreeks 15:45 plaasgevind.

Luidens ’n verklaring is beseerdes op ’n boot by die Westminster-pier behandel. ’n Groot ontplooiing van polisiebeamptes, brandweerspanne en ambulanse was ook op die toneel. Dit het veroorsaak dat verkeer oor die brug tot stilstand gekom het.

’n Polisiehelikopter en ’n lugambulans het bo die toneel gesirkel.

Die metropolisie het bevestig dat vyf van hul beamptes beseer is nadat die polisievaartuig teen die Westminster-brug vasgery het.

’n Aantal van die beamptes, wat glo gewapende polisie was, het in die Teemsrivier beland ná die botsing en moes uit die water gered word.

Die Westminster-brug was afgesper en ingang 3 en 4 van die Westminster-metrostasie was ook vir die publiek gesluit.

Bron: UK Standard | UK Independant

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief