REPUBLIEK DIE KONGO. – Die WGO het gesê daar is ‘n sterk moontlikheid dat die sterfgevalle in een dorp in die Kongo weens “vergiftiging van ’n waterbron” is.
Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van onbekende siekte in Kongo aangemeld
Dit volg na meer as 60 mense skielik dood is en meer as 1 000 gevalle van ’n onbekende siekte in vyf dorpe aangemeld is ná drie kinders in Boloko ’n vlermuis geëet het en binne 48 uur dood is.
Die WGO se hoof van noodgevalle, dr. Michael Ryan, het gesê in een dorpie, waarvan hy nie die naam bekend gemaak het nie, is ’n waterbron moontlik vergiftig. Hy het nie gesê of die “vergiftiging” doelbewus, nalatigheid of ’n ongeluk was nie.
Hy het ook gesê ondersoeke het getoon die siekte kan van ’n biologiese perspektief iets soos breinvliesontsteking wees of van blootstelling aan ’n chemikalieë”.
Owerhede kon glo nog nie die onbekende siekte identifiseer nie omdat daar so baie ander siektes in daardie omgewing voorkom.
Bronne: CNN, AllAfrica, PBS
Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van onbekende siekte in Kongo aangemeld