Wit mossels en ander skulpdiere langs Weskus oneetbaar

Lees ook :

Foto: Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing

WES-KAAP. – Nadat groot hoeveelhede dooie wit mossels en ander skulpdiere oor ‘n tydperk in St. Helenabaai en Elandsbaai uitgespoel het, waarsku die departement van bosbou, visserye en omgewing dat dit nie geëet moet word nie.

Luidens ‘n verklaring deur dié departement (DFFE) het die diere waarskynlik verlam geraak en het toe uitgespoel. Hierdie sterftes is vermoedelik deur die skadelike rooigety veroorsaak wat algemeen in die somer en herfs langs die Weskus voorkom. Alhoewel die rooigety kleurloos is en nie sigbaar vir die menslike oog nie, bevat dit neurotoksiene wat die vergiftiging kan veroorsaak en uiters gevaarlik is vir mense. Die departement waarsku dat alle skulpdiertjies, ongeag of dit uitgespoel is of van die strand of onderwater versamel word, nie geëet moet word nie.

Die DFFE sal die situasie aanhou monitor om die omvang van die rooigety en die sterftes van marienelewe langs die Weskus te bepaal.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief