Woonstelgebou vat vlam nadat Suid-Koreaanse vrou kakkerlak aan brand steek

Lees ook :

Woonstelgebou vat vlam nadat Suid-Koreaanse vrou kakkerlak aan brand steek fotokrediet: Canva

SUID-KOREA. – ‘n Suid-Koreaanse vrou gaan krimineel aangekla word nadat haar poging om ‘n kakkerlak met ‘n vlambare sproei en aansteker dood te maak haar woonstelgebou laat vlam vat het.

Lees ook: Brandstofprys kan in November daal

Die Suid-Koreaanse polisie het bevestig ‘n lasbrief vir die vrou se inhegtenisneming sal verkry word nadat haar buurvrou gister in die brand omgekom het.

Die buurvrou het uit ‘n venster op die vyfde vloer geval toe sy en haar man met hulle twee maande oue baba van die brand probeer wegkom het.

Nog agt inwoners het simptome van rookinaseming getoon en moes in die hospitaal opgeneem word.

Die verdagte het gesê sy het voorheen die metode van ‘n vlambare sproei en aansteker gebruik om van goggas ontslae te raak.

Bronne: BBC,  NDTV, The News International

Lees ook: Brandstofprys kan in November daal

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief