Brekende Nuus
Afrikaans

Woordvoerder van Israeliese weermag sê Hamas kan nie uitgeroei word nie

Israeliese weermag woordvoerder sê Hamas kan nie uitgeroei word nie

fotokrediet: Canva
Israeliese weermag woordvoerder sê Hamas kan nie uitgeroei word nie fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel dreig Hezbollah

ISRAEL. – Israel se weermagwoordvoerder het gesê Hamas kan nie uitgeroei word nie. Admiraal Daniel Hagari het gesê om te sê Israel gaan Hamas uitroei, is om “sand in mense se oë te gooi”.

Hy het gesê as daar nie ‘n alternatief gegee word nie, gaan daar net Hamas wees. Hagari het gesê “Hamas is ‘n ideologie” en dit kan nie uitgeroei word nie.

Die kantoor van die Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, het vinnig reageer deur te sê hulle gaan nie die oorlog staak voor Hamas vernietig is nie. Volgens die weermag op hulle Telegram-kanaal het Hagari gesê Hamas is ‘n ideologie en enige ander bewering oor wat hy sou gesê het, is uit konteks geneem.

Bronne: EWN, ABC News, Le Monde

Lees ook: Israel dreig Hezbollah