Zambiese vragmotorbestuurder in hegtenis ná ongeluk op N3

Lees ook :

Foto's: Departement van Vervoer en Behuising, asook ALS Paramedics

Foto’s in berig.

KWAZULU-NATAL. – ’n Zambiese vragmotorbestuurder wat glo probeer het om van die ongelukstoneel op die N3 by Cliffdale te vlug, is in hegtenis geneem. Die voorval het vanoggend (Donderdag) plaasgevind toe ’n ongeluk met veelvoudige motors gelei het tot die ontwrigting van die verkeer vir honderde motoriste.

Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder vir die departement vir vervoer en behuising, sê in ‘n verklaring Siboniso Duma, die LUR van die departement, het gesê dit is ‘n verligting dat niemand in die ongeluk gesterf het nie. Diegene wat beserings opgedoen het, is ‘n spoedige herstel toegewens. Hy het voorts die padverkeersinspektoraat (RTI) geloof wat die bestuurder in hegtenis geneem het, en opdrag gegee dat hulle saam met die SAPD werk om ’n suksesvolle skuldigbevinding te verseker. Duma het ook gesê dat vasgestel sal word of die bestuurder die nodige dokumente gehad het om te bestuur.

Hy het voorts die aankondiging oor die aanwysing van nuwe treinoperateurmaatskappye deur Barbra Creecy, die minister van vervoer, verwelkom: “Vir ons as KwaZulu-Natal lê die toekoms in die verskuiwing van vrag vanaf pad na spoor. Dit beteken minder vragmotors en minder ongelukke op ons hoofroetes.”

Hy het bygevoeg dat die departement hard sal optree teen roekelose en onverantwoordelike bestuurders.”In Augustus alleen het ons meer as 160 motoriste vir dronkbestuur in hegtenis geneem.”

Die volgende foto’s is deur ALS Paramedics verskaf:

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief