Zimbabwe beoog om 67 plase aan Europese eienaars terug te besorg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

ZIMBABWE. – Altesame 67 plase wat in 2000 onder die destydse pres. Robert Mugabe van wit boere onteien is, gaan aan eienaars in vier Europese lande teruggegee word.

Anxious Masuka, die landbouminister, het die parlement ingelig dat die proses reeds aan die gang is, aangesien die plase onder ‘n internasionale bilaterale beleggingsbeskermingsooreenkoms val. Die betrokke lande is Denemarke, Switserland, Duitsland en Nederland. Die stap word beskou as deel van ‘n breër strategie om internasionale beleggersvertroue te herstel en toegang tot globale finansiële markte te verkry. Die onteiening het kommersiële landbou verwoes, tot ‘n geldeenheid-ineenstorting in 2008 gelei, en het die land in ‘n voedselkrisis gedompel.

Benewens die teruggee van die plase, sal Zimbabwe ook vergoeding van $146 miljoen betaal om eise van betrokke eienaars te skik. Pres. Mnangagwa het reeds in 2020 ‘n skikkingsooreenkoms van $3,5 miljard met sowat 4 000 wit boere onderteken, maar die regering het gesukkel om dit te betaal.

Bronne: CNBC Africa, Nyasa Times, ZimGazette

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief