10-jarige sterf glo van eetgoed, ma en seun in hospitaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Meisie (10) van Alexandra het Saterdagaand gesterf en haar ma (38) en broer (4) sterk in die Edenvale-hospitaal aan, nadat hulle glo kos van ‘n spazawinkel geëet het.

Motalatale Modiba, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement in die provinsie, sê die meisie is na die Alexandra Community Health Centre se noodeenheid gehaas, maar het gesterf. Die ma en seun is in ‘n stabiele toestand.

“Verslae oor die skielike siekte en sterfte word afgewag.”

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê aan Nuusflits die polisie vra vir kalmte en vir die gemeenskap om nie te bespiegel terwyl die saak ondersoek word om die waarheid te ontbloot nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

“Luidens ‘n verslag het die polisie in Alexandra op ‘n oproep oor ‘n ma en haar twee kinders wat maagpyn ervaar, reageer. Ongelukkig is die negejarige dood verklaar terwyl die ma en die vierjarige nog in die hospitaal is.”

Nevhuhulwi sê ‘n ondersoek is in samewerking met gesondheidsdeskundiges en ander rolspelers geloods, oor beweringe oor die kos wat deur die ma en kinders geeët is voordat hulle siek geword het.

Die meisie het glo volgens Sowetan Live gesê die eetgoed proe snaaks en het van borskaspyn en later van asemnood gekla. Sy is by Ongevalle afgegee en is kort daarna oorlede. Die ma en jonger seun het by die kliniek siek begin voel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief