100 000 eiers gesteel van Amerikaanse supermark ná voëlgriep prys laat styg

Lees ook :

100 000 eiers gesteel van Amerikaanse supermark ná voëlgriep prys laat styg fotokrediet: Canva

PENNSILVANIë, VSA. – 100 000 eiers wat $40 000 werd is, is by ‘n supermark in Pennsilvanië gesteel.

Lees ook: Meer as 10 dagvaardigings kan vir P Diddy kom – prokureur

Diewe het op 1 Februarie ‘n vragmotor by Pete & Gerry’s Organics oorval en die eiers gesteel. Eiers het ‘n gesogte kositem geword ná die prys weens ‘n uitbraak van voëlgriep skerp gestyg het.

Volgens data van die Amerikaanse regering het die prys van eiers in die laaste jaar met meer as 65% gestyg. Die landboudepartement het voorspel die prys sal vanjaar met nog 20% styg.

Die polisie is besig om die diefstal te ondersoek.

Bronne: BBC, USA Today, Republic World

Lees ook: Meer as 10 dagvaardigings kan vir P Diddy kom – prokureur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief