11-Jarige Gizelle van SA op die loopplank vir ‘New York Fashion Week’

Lees ook :

Foto verskaf

Die 11-jarige talentvolle Gizelle, ook bekend as Miss G van Mosselbaai, is in Centurion gebore en het die modelwêreld aan haar voete.

Foto verskaf

Sy het pas teruggekeer van die VSA waar sy deelgeneem het aan die International Modeling and Talent Association (IMTA) se konvensie. Volgens ‘n mediaverklaring van Genevieve Vieira, stigter van Indie Does It PR en Gizelle se publisiteitsbestuurder, is dit die grootste konvensie vir talent in die wêreld.

Sy is by die konvensie raakgesien en het ‘n uitnodiging ontvang om die bekende ontwerper Amelia TUU op die loopplank by die New York-modeweek wat op 11 September plaasvind, te verteenwoordig.

Gizelle sê: “IMTA was ‘n baie opwindende ervaring vir my en die modeskou was een van my gunstelingoomblikke.”

“Elsubie Verlinden het Gizelle by die 2021 International Arts Talent Showcase (IATS) raakgesien waarna haar professionele loopbaan begin het.

“Sy is onmiddellik geteken deur 33 and Me Talent Agency en het twee internasionale verskynings vir PEPCO (‘n bekende internasionale handelsmerk) losgeslaan, wat haar rolle besorg het in beide hulle kommersiële televisie en internasionale foto’s.”

Foto verskaf

“As sanger werk Gizelle saam met die Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger Nate Butler. Butler is bekend dat hy al saam met Luther Vandross, Backstreet Boys, Victoria Beckham en ander kunstenaars gewerk het. Hy was ook deel van ‘n span wat gewerk het aan die finale seisoen van die X-Factor, sowel as seisoen nege en tien van America’s Got Talent.

“Haar eerste enkelsnit, ook haar debuut enkelsnit, is opgeneem by Cosher Studios in Kaapstad deur die vervaardiger Gino Lee.

Van Nate sê sy die volgende: “Ek het dit so baie geniet om saam met Nate Butler op te neem. Ons het soveel pret in die ateljee gehad en ek het hom op ‘n ander vlak leer ken. Hierdie ervaring het ‘n nuwe hoofstuk in my lewe en loopbaan geopen. Ek is opgewonde oor hoe die liedjie uitgedraai het en kan nie wag om dit met die wêreld te deel nie.”

“Die snit sal later in die jaar vrygestel word.”

“Ek voel geeërd om genooi te wees vir New York Fashion Week!” roep sy uit. “Dit was nog altyd ‘n droom, maar ek het nie geweet dat dit so vinnig sou gebeur nie.”

Vol selfvertroue voeg sy by: “Ek is senuweeagtig. Die loopplank is my sterkste talent en ek voel tuis wanneer ek op die verhoog is. Die loopplank is waar ek hoort en ek hou daarvan om die verskillende uitrustings te wys.”

Genevieve sê verder: “Gizelle is een van die jongte kunstenaars wat al ooit saam met die IATS South Africa- groep gereis het om die IMTA by te woon. Sy is ook opgemerk vir haar karakter en vriendelikheid op stel.”

Gizelle sluit af met: “Vind jou sterk punte deur verskillende inspirasies. Wees altyd jouself, werk hard en volg jou drome, want drome word waar.”

Lees die onderstaande verklarings deur Gizelle, haar ouers wat haar deur alles ondersteun, en haar agent.

From Gizelle:

“I started singing when I was 6 years old, I always knew all the words from songs and loved time with my mom in the car listening to music. I started modelling when I was chosen to be in Top model flawless when I was 8 years old, I then went to Dallas Texas to a model and talent expo where I sang and participated in a fashion show and the runway, I discovered here that I can also act. I did extremely well and knew that runway was my best talent. I then auditioned for IATS with 33 and me and got a call-back to participate in the IATS showcase in 2021. I then got a call back to attend IMTA in New York this year. I went with the African group and I received special awards for runway and commercial print and awards for excellence in singing, Commercial print, Jeans model, Child Monologue and Model Runway. At the Red carpet event I received 2nd runner-up for model of the year, we were so surprised and I was so happy and honoured.”

“I would love to be a recognized singer, actress, dancer and model, but runway would definitely be my first choice. Because I’m still young I can live out my dreams and without my parents, this would not be possible. There is a lot of bullying taking place in schools and I see and have experienced it first-hand, I try to encourage friends not to bully and always try to change the subject with friends or helping the person being bullied. Everyone is different and sometimes I also get bullied because of my talents but I try to stay positive, and my mom helps me a lot to understand people better.”

From Rhuda (mother):

“We as parents encouraged Gizelle from a young age to pursue what she is most passionate about in life. She has been interested in the arts industry since she was a young child, always singing and dancing around the house. She attends workshops and she works very hard to make her dream come true, but we also encourage her to also be a child for as long as she can. 

Our hope for her is to be the best person she can be, and we will be there to support her all the way. She attends homeschooling and she is doing very well in her schoolwork. I accompany her with all her training, and I am always with her when she is backstage or on set. I help her with her hair, and I run her social media and keep her up to date regarding the industry, but she spends a lot of time watching videos regarding the industry and she is always busy with fashion outfits and keeping up with the trends. Her schedule is challenging but we make it work and I make sure she has time for friends also. We are very proud of Gizelle she is a beautiful young lady with a heart of gold!”

From Elsubie Verlinden (talent agent):

“Gizelle was scouted in February 2021.”

“First impression of Gizelle is ultimately a dedication and drive she embodies when committing wholeheartedly to every single performance she presented as a tripple threat during her audition that got her scouted for IATS and IMTA.”

“Her brand is always on point, she is dedicated and prepared and always carry herself like an established industry professional.

“She is marketable and carries a great light and passion for the industry that allows her to shine from the inside out.

“Gizelle is a true example of success being an inside job, her skills and talent is nurtured and she carries herself accordingly.

“My ultimate goal and vision for Gizelle is to work as a industry professional tripple threat in both the local and international film, fashion and entertainment industry positioning herself, her brand and her gift withing local and international platforms being a leader in the industry motivating and inspiring other artist on the Africa continent to know that International is Not Impossible and that your dream can become a living reality.”

Find iT Nuus wens Gizell sterkte toe met New York Fashion Week.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief