KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (11) van Pietermaritzburg het Dinsdag buite ‘n skool in Springvalestraat, Northdale, gesterf toe ‘n muur van ‘n eiendom, waar hy saam met ‘n vriend gesit het, omgeval het.
Mi7 National Group sê die 11- en 12-jariges het op die sypaadjie oorkant die skool gesit toe die fratsongeluk plaasgevind het. Die 12-jarige kon daarin slaag om uit die pad te spring, maar het nietemin ‘n gebreekte been opgedoen. Die 11-jarige is egter met die volle impak van die muur getref en is op die toneel dood verklaar.
Gevorderde lewensondersteunende intervensie is op die 12-jarige toegepas, voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is.





