11 mense doodgeskiet by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede

Lees ook :

11 mense dood na skietery by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede fotokrediet: Canva

SWEDE. – 11 mense, insluitend die skieter, is dood na ’n skietery by die Risbergska-opleidingsentrum vir volwassenes in Swede. Ses mense is in die aanval gewond.

Lees ook: Trump onttrek VSA van VN-menseregteraad en -agentskap vir Palestynse vlugtelinge

’n Skietery het tussen die verdagte en die polisie uitgebreek terwyl leerlinge van ‘n skool op dieselfde terrein in klaskamers geskuil het. Die verdagte skieter is later met ’n skietwond aangetref.

Dit is onbekend wat die motief vir die skietery was. Volgens die polisie is daar geen verband met terrorisme nie en die verdagte is nie aan enige bendes verbind nie. Die voorval word as die dodelikste massaskietery in Swede se bestaan bestempel.

Bronne: BBC, The Independent, Sky News

Lees ook: Trump onttrek VSA van VN-menseregteraad en -agentskap vir Palestynse vlugtelinge

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief