Lees ook: Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico – besluit gekritiseer
VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die VSA onttrek van die Verenigde Nasies se menseregteraad en die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge.
Hy het ook beveel dat Amerika se befondsing vir die VN en die land se betrokkenheid by die VN se organisasie vir opvoeding, wetenskap en kultuur hersien moet word .
Die Wit Huis se personeelsekretaris, Will Scharf, het beweer die VN-agentskappe is “anti-Amerikaans”. Trump het gesê die VN het “baie potensiaal” maar dat dit “nie goed bestuur word nie”.
Bronne: DW – South Africa, The Hill, US News
Lees ook: Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico – besluit gekritiseer