11 polisielede vandag as beskuldigdes in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Altesaam 11 polisielede verskyn vandag op aanklagte van korrupsie, diefstal, afpersing, opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling in die Vereeniging-landdroshof.

Ian Cameron, parlementslid en voorsitter an die portfoliokomitee, sê die provinsiale teenkorrupsie-eenheid het die polisielede gearresteer. Sommige is senior offisiere, verbonde aan Sedibeng-distrik, Evaton- en Meyertonpolisiestasies, asook die Gauteng-hoofwegpatrollie.

Die saak spruit voort uit ‘n insident op 4 Julie 2021, toe die eienaars van ‘n drankwinkel, ‘n Chinese burger en sy pa, na bewering deur polisiebeamptes in ‘n ongemerkte voertuig in Meyerton voorgekeer is. Hulle is glo na die drankwinkel gedwing waar drank ter waarde van R600 000 geneem is, maar nie in die polisiesisteem ingeboek is nie. R700 000 is glo ook gesteel. Gedurende die beweerde misdaad is toesigstelsels vernietig en ‘n hardeskyf is ook geneem. Die slagoffers is glo ook van omkopery beskuldig en geboei.

Cameron sê voorts een van die beskuldigdes is ook verlede jaar vir ander beweerde misdade gearresteer en is blykbaar aan ‘n voormalige distrikskommissaris in Gauteng verwant.

Die name van die beskuldigdes sal eers nadat hulle in die hof verskyn het, bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief