11 vas oor voorvalle met skerpgemaakte penne

Lees ook :

11 vas in verband met penne-voorvalle. Foto's: SAPD

PARKTOWN, GAUTENG. – Die Rietgat-SAPD het Saterdag 11 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die penne-voorvalle op die paaie in die Tshwane-distrik.

Gevalle van motoriste wat penne op veral die N1, N4 en R80 in die Tshwane-area tref, is aan die toeneem. Owerhede het Saterdag inligting ontvang aangaande verdagtes wat met van die voorvalle verbind kan word.

Die SAPD het op ’n huis in die Winterveldt-nedersetting toegesak wat na bewering ook as ’n onwettige sjebien bedryf word.

Een verdagte het op die polisie geskiet en is noodlottig gewond. Nog nege ander mans is in hegtenis geneem saam met ’n vrou wat na bewering die sjebien onwettig bedryf het.

Vyf van die verdagtes, insluitende die oorledene, sal van verkragting en roof aangekla word. Owerhede werk tans daaraan om die ander verdagtes aan roof en onder andere aanlyn verkoopfoefies te verbind.

Hulle het beslag gelê op ’n replika van ’n vuurwapen en alkohol.

Lt. genl. Mhtombeni het die span bedank vir hulle toewyding en harde werk om diegene wat die gemeenskap terroriseer aan die pen te laat ry.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief