Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens
TIBET. – Sowat 126 mense is reeds oorlede en minstens 180 is beseer na ’n aardbewing Tibet se heilige stad, Shigatse, Dinsdag getref het. Meer as 3 600 huise is in die aardbewing vernietig.
Reddingspogings is aan die gang om oorlewendes op te spoor wat moontlik hipotermie kan ervaar.
Volgens die Chinese media het die aardbewing 6.8 op die Richterskaal gemeet, maar die US Geological Survey het dit as ’n 7.1-aardbewing bestempel.
Verskeie naskokke, wat tot op 4.4 meet, is tot in Nepal en Indië gevoel.
Bronne: ABC News, Business Standard, Global Times
Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens