WES-KAAP. – ’n 14-jarige seun is op ‘n aanklag van moord in hegtenis geneem in verband met die dood van die 10-jarige Octavia Swarts. Hy sal na verwagting vandag (Dinsdag) in die Blue Downs-landdroshof verskyn.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het pas aan Nuusflits bevestig dat die 14-jarige in hegtenis geneem is. Die liggaam van Octavia is Maandagoggend 14 September 2026 omstreeks 08:30 in ’n dam by Tomatieplaas in Joostenbergvlakte gevind. ’n Geregtelike doodsondersoekdossier is aanvanklik deur die Kraaifontein-polisie geopen.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: